Olimpiese Somerspele 1920

Spele van die VIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1920

Gehou in Antwerpen, België
Deelnemende lande 29 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 626 (2 561 mans, 65 vroue)[1]
Items 156 in 22 sporte[2]
Openingseremonie 20 April 1920
Sluitingseremonie 12 September 1920
Amptelik geopen deur Koning Albert I[3]
Atlete-eed Victor Boin (skermsport)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1916: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele 1924: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 1920 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1920), amptelik bekend as die Spele van die VIIde Olimpiade, is tussen 20 April en 12 September 1920 in Antwerpen, België, aangebied. Die Spele word aan België toegeken vanweë die lyding wat die Belgiese volk tydens die Eerste Wêreldoorlog verduur het. Atlanta, Amsterdam, Boedapest, Cleveland, Havana, Lyon en Philadelphia het ook aansoek gedoen om die Spele aan te bied.[4] Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemming plaasvind. Atlete vanuit 29 lande het aan die Spele deelgeneem. Duitsland, Oostenryk, Hongarye, Bulgarye en Turkye is nie uitgenooi nie. Rusland bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.

Die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920

Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoë toegangsgelde het die publiek afgeskrik. Een toegangskaartjie kos byvoorbeeld 3 frank, 'n baie hoë prys vir die tyd. Dit was nie net die hoë pryse nie, maar slegte weer hou ook die volk weg. Die organisasiekomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier elke ekstra uitgawe, selfs die publikasie van 'n gedenkboek.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 3 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 3 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search